3-Bestanddeel pizza happies

'n Vinnige en kreatiewe manier om "pizza" te geniet – Pizza Happies! Hierdie Salticrax met tamatie, ui en gesmelte kaas sal jou nie net herinner aan pizza nie, maar is ook vinnig, maklik en ongelooflik lekker!
Course Appetizer, Lunch, Snack

Ingredients
  

  • 200 g Salticrax
  • ½ blik Tamatie- en ui-mengsel
  • Kaas
  • Gemengde kruie opsioneel

Instructions
 

  • Plaas die salticrax op 'n bord en bedek elkeen met 1 teelepel tamatie- en ui-mengsel.
  • Voeg die kruie oor as jy dit gebruik.
  • Bedek met kaas en mikrogolf totdat dit gesmelt is (ek het dit 1 minuut 30 sekondes in die mikrogolf gesit).
  • Bedien en geniet!