3-Bestanddeel pizza happies
'n Vinnige en kreatiewe manier om "pizza" te geniet – Pizza Happies! Hierdie Salticrax met tamatie, ui en gesmelte kaas sal jou nie net herinner aan pizza nie, maar is ook vinnig, maklik en ongelooflik lekker!
Course Appetizer, Lunch, Snack
- 200 g Salticrax
- ½ blik Tamatie- en ui-mengsel
- Kaas
- Gemengde kruie opsioneel
Plaas die salticrax op 'n bord en bedek elkeen met 1 teelepel tamatie- en ui-mengsel.
Voeg die kruie oor as jy dit gebruik.
Bedek met kaas en mikrogolf totdat dit gesmelt is (ek het dit 1 minuut 30 sekondes in die mikrogolf gesit).
Bedien en geniet!