Berei 'n oondbak voor en voorverhit die oond tot 180℃
Was en droog jou aartappels af
Sny dun skywe aartappels met 'n skerp mes of 'n Mandoline
Pak die aartappels in rye tot die bodem van die bak nie meer sigbaar is.
Gooi van die witsous oor en maak gelyk
Voeg van die gebraide spek en chives oor
Herhaal 4-6 tot jy by jou laaste laag witsous kom
Voeg nog bietjie spek oor en bedek met cheddar kaas
Bak in jou oond vir 40 minute tot die aartappels gaar is*
Haal uit die oond en laat dit effens afkoel
Bedien met braaivleis