Romige Aartappelgereg

Romige Aartappelgereg (Potato bake)

Romige Aartappelgereg is een van daardie nostalgiese disse wat my ma altyd gemaak het. Egter met daardie poeier souse wat mens bygooi. Die is werklik besonders lekker as jy jou eie witsous maak en daarby voeg.
Course Side Dish

Ingredients
  

  • 500 g aartappels
  • 250 g spek gebraai
  • Chives opgesny
  • 2 batches Witsous
  • 2 koppies Cheddar kaas gerasper

Instructions
 

  • Berei 'n oondbak voor en voorverhit die oond tot 180℃
  • Was en droog jou aartappels af
  • Sny dun skywe aartappels met 'n skerp mes of 'n Mandoline
  • Pak die aartappels in rye tot die bodem van die bak nie meer sigbaar is.
  • Gooi van die witsous oor en maak gelyk
  • Voeg van die gebraide spek en chives oor
  • Herhaal 4-6 tot jy by jou laaste laag witsous kom
  • Voeg nog bietjie spek oor en bedek met cheddar kaas
  • Bak in jou oond vir 40 minute tot die aartappels gaar is*
  • Haal uit die oond en laat dit effens afkoel
  • Bedien met braaivleis

Notes

Volg die witsous resep, of gebruik witsous wat jy in die winkels kry.
  • 4 eetlepels botter
  • 4 eetlepels meel
  • 2 ½ koppies melk
  • Sout, na smaak
*Skep 'n stuk aartappel uit en proe of dit nog hard is en of dit al sag gekook het.
Hoe dunner die aartapels is, hoe vinniger bak die gereg

Hier is nog 'n paar aartappel geregte idees: