Ek het groot geword met trifle as die "go-to" nagereg tydens die feesseisoen, maar het nooit een vir Paasfees gesien nie. Die is regtig 'n besonderse nagereg wat ek ontwikkel het. Alles komplimenteer mekaar en daar is genoeg room en mousse om te verseker dat dit nie "droog" is nie.