
Paasfees Trifle
Ek het groot geword met trifle as die "go-to" nagereg tydens die feesseisoen, maar het nooit een vir Paasfees gesien nie. Die is regtig 'n besonderse nagereg wat ek ontwikkel het. Alles komplimenteer mekaar en daar is genoeg room en mousse om te verseker dat dit nie "droog" is nie.
Ingredients
- 4 Snye Swissroll Oorskiet
- 400 g Speckled eggs
- 10 Malvalekker Paaseiers opgesny
- 8 Hot cross buns in klein blokke gesny
- 90 g Instant sjokolade poeding
- 500 ml Room
- 500 ml Sjokolade mousse Self gemaak* of gekoop
Vir dekor
- 1 Wit sjokolade eier
- Sjokolade skaafsels
- 1 Sjokolade hasie
Instructions
- Sit die swissroll snye onderaan die bak en gebruik ander oorblywende koek dele om die onderkant bietjie op te vul
- Voeg van die speckled eggs, malvalekker paaseiers en hot cross buns onderaan. Jy kan self besluit hoeveel, hou egter van dit eenkant vir 'n ander laag
- Maak die instant sjokolade poeding aan volgens die pakkie en sit bo op die hotcross bun en paaseier laag. Smeer gelyk
- Klits jou room styf en sit die helfde daarvan bo op die sjokolade pudding laag
- Sit hot cross buns, paaseiers en speckled eggs bo-op die room laag
- Voeg nou die sjokolade mousse oor en smeer gelyk
- Voeg die room bo op die sjokolade mousse en maak gelyk
- Gooi die sjokolade skaafsels oor, sit jou sjokolade hasie in plek en "decorate" verder met paaseiers
Notes
Die resep kan lekker aangepas word om buite Paasfees te maak:
- Vervang die paaseiers met malvalekkers
- Vervang die hot cross buns met nog koek
- Die sjokolade hasie kan uitgelos word of enige ander sjokolade wat mooi gaan lyk kan bygevoeg word
