Koejawelkaaskoekroomys
Hierdie Koejawelkaaskoekroomys kombineer die romerige tekstuur van kaaskoek met die soet-suur smaak van vars koejawels. 'n Verfrissende nagereg wat ideaal is vir warm somersdae.
Vir die koejawel
- 2 k koejawels opgesny en pitte verwyder
- 3 e stroop uit die koejawelblikkie
- 3 e suurlemoensap
Vir die roomys
- 250 g roomkaas kamertemperatuur
- 1 blikkie kondensmelk
- 1 e vanieljegeursel
- 2 k room tot stywe punte geklop
- Sugar cones
Vir die koejawels
Voeg die koejawels, stroop en suurlemoensap by ʼn middelslagpot en bring tot kookpunt oor matige hoë hitte.
Hou aan kook vir 5 tot 7 minute totdat sappe vrygestel is, koejawels sag geword het en sous effens verdik het.
Verwyder die koejawels van die hitte en laat dit afkoel. Indien diekoejawels nog heel stukke is, kan jy dit so los of fyner maak.
Plaas dan in die yskas om dit heeltemal te laat afkoel
Vir die roomys
Voeg die roomkaas in ʼn bak.
Klits op medium hoë spoed en voeg dan stadig die kondensmelk en vanieljegeursel by en meng tot heeltemal glad.
Skakel die klitser af en vou die geklopte room en koejawelmengsel by roomkaasmengsel in.
Om te vries, voeg die roomysmengsel en koejawelmengsel afwisselend by ʼn vrieskasveilige houer. Vries vir ten minste 5 tot 7 uur en bedien.
Bedien op 'n cone of in 'n bakkie met gekrummelde koekies