
Koejawelkaaskoekroomys
Hierdie Koejawelkaaskoekroomys kombineer die romerige tekstuur van kaaskoek met die soet-suur smaak van vars koejawels. 'n Verfrissende nagereg wat ideaal is vir warm somersdae.
Ingredients
Vir die koejawel
- 2 k koejawels opgesny en pitte verwyder
- 3 e stroop uit die koejawelblikkie
- 3 e suurlemoensap
Vir die roomys
- 250 g roomkaas kamertemperatuur
- 1 blikkie kondensmelk
- 1 e vanieljegeursel
- 2 k room tot stywe punte geklop
- Sugar cones
Instructions
Vir die koejawels
- Voeg die koejawels, stroop en suurlemoensap by ʼn middelslagpot en bring tot kookpunt oor matige hoë hitte.
- Hou aan kook vir 5 tot 7 minute totdat sappe vrygestel is, koejawels sag geword het en sous effens verdik het.
- Verwyder die koejawels van die hitte en laat dit afkoel. Indien diekoejawels nog heel stukke is, kan jy dit so los of fyner maak.
- Plaas dan in die yskas om dit heeltemal te laat afkoel
Vir die roomys
- Voeg die roomkaas in ʼn bak.
- Klits op medium hoë spoed en voeg dan stadig die kondensmelk en vanieljegeursel by en meng tot heeltemal glad.
- Skakel die klitser af en vou die geklopte room en koejawelmengsel by roomkaasmengsel in.
- Om te vries, voeg die roomysmengsel en koejawelmengsel afwisselend by ʼn vrieskasveilige houer. Vries vir ten minste 5 tot 7 uur en bedien.
- Bedien op 'n cone of in 'n bakkie met gekrummelde koekies
