
Lekker-bek truffles
Hierdie klapper truffles is ‘n resep Uit My Ouma se Kombuis. Dit is ‘n heerlike bederf wat die ryk geure van sjokolade en klapper in ‘n happie saambring.Lees hier oor Kos Uit My Ouma se Kombuis.
Ingredients
- 200 g fyn koekies
- 1½ koppie klapper
- 2 eetplepels kakao
- 1 blik kondensmelk
Instructions
- Meng die fyn koekies, ½ koppie klapper, kakao en kondensmelk
- Vorm balletjies en rol in die oorblywende klapper
- Jy kan van die klapper met kakao meng en daarin rol ook
- Hou die balletjies in die yskas en bedien met koffie
Notes
Dit mag moontlik opgeëet word voor dit by die koffie kom!
