
Lekker-bek poeding
Hierdie dis is een van die vreemdste, maar lekkerste geregte wat ek al gebak het, ek doop dit sommer 'n Pekan-nagereg. Al die bestanddele werk wonderlik saam om ‘n unieke en smaakvolle ervaring te skep. Dit is belangrik om presies te volg hoe en wanneer om elke laag in die bak aan te bring vir die beste resultate. Lees hier oor Kos Uit My Ouma se Kombuis.
Ingredients
Vir die beslag
- 150 g Pecans
- 2 eiers
- 200 g suiker
- 180 g meel
- 2 teelepels bakpoeier
- Sout
- 150 ml Water
Vir die bo-laag
- 40 g botter
- 90 g klapper
- 80 g suiker
- 1 eier
- 10 ml Vanilla
- 50 ml aarbeikonfyt
- 1 blik pynappelstukke
Instructions
Vir die beslag
- Strooi die neute in ‘n gesmeerde bak
- Klits die eiers en suiker tot sponserig
- Sif die droë bestandele saam en roer by die eier mengsel, roer die water ook by
- Gooi die beslag oor die neute
- Bak in die oond vir 20-25min by 200°C
Vir die bo-laag
- Roer die botter, klapper, suiker, eier en vanilla in ‘n kastrol op lae hitte
- Smeer die aarbeikonfyt oor die poeding sodra dit uit die oond kom
- Sit die pynappelstukke oor die aarbeikonfeit
- Smeer dan die klapper mengsel oor
- Bak vir 7-10 min
- Bedien met vla of ‘n brandewynsous
