Hoender-orzo

Hoender-orzo

Hierdie Hoender-Orzo resep kombineer sappige hoender, spek, en orzo in 'n romerige sous. Met die vars smaak van basiliekruid, is dit 'n heerlike en eenvoudige maaltyd wat ideaal is vir enige gesinsetafel.
Course Lunch, Main Course

Ingredients
  

  • 200 g hoenderborsies in blokkies gesny
  • Klein ui fyngekap
  • 250 g spek opgesny
  • 1 teelepel gedroogte basil
  • 1 teelepel paprika
  • 1/2 teelepel fyn knoffel of poeier
  • Sout en peper
  • 250 g Orzo pasta-rys
  • 500 g hoenderaftreksel
  • ½ kop room
  • 70 g cheddarkaas
  • Vars basiliekruid opgesny

Instructions
 

  • Geur die hoender met gemengde kruie, paprika, knoffel, sout en peper en sit dit eenkant.
  • Braai die spek, hou ‘n paar stukkies eenkant vir granerig en die res om in te meng later
  • Braai dan die ui in die spekolie vir 'n paar minute om sag te word.
  • Voeg die orzo by en roer vir 1-2 minute.
  • Voeg die hoenderaftreksel by, bring tot kookpunt en verlaag die hitte
  • Voeg die hoender by en prut tot die Orzo al dente is, 12-15 minute. Sit die deksel op jou pan sodat dit nie droog kook nie
  • Meng die kaas en room saam die hoender mengsel tot die kaas gesmelt is. Voeg die spek by en meng goed,
  • Skep op, voeg die basiliekruid en gebraaide spek by en geniet!