Geur die hoender met gemengde kruie, paprika, knoffel, sout en peper en sit dit eenkant.
Braai die spek, hou ‘n paar stukkies eenkant vir granerig en die res om in te meng later
Braai dan die ui in die spekolie vir 'n paar minute om sag te word.
Voeg die orzo by en roer vir 1-2 minute.
Voeg die hoenderaftreksel by, bring tot kookpunt en verlaag die hitte
Voeg die hoender by en prut tot die Orzo al dente is, 12-15 minute. Sit die deksel op jou pan sodat dit nie droog kook nie
Meng die kaas en room saam die hoender mengsel tot die kaas gesmelt is. Voeg die spek by en meng goed,
Skep op, voeg die basiliekruid en gebraaide spek by en geniet!