Go Back
Smashed Aartappel- en Biltongslaai

Smashed Aartappel- en Biltongslaai

As jy op soek is na ’n unieke en smaakvolle bygereg wat jou gaste gaan beïndruk, probeer hierdie Smashed Aartappel- en Biltongslaai. Dit kombineer bros gebakte aartappels met romerige mayo, soet en pittige jalapeno-pynappelblatjang, en stukkies biltong vir 'n heerlike geurervaring.
Hierdie slaai is ideaal vir ’n braai, ’n gesinsmaal, of enige ander geleentheid waar jy iets besonders wil bedien. Dis eenvoudig om te maak, maar vol geur – die perfekte kombinasie vir ’n bygereg wat almal sal geniet.
Ek het aartappels gebruik wat oorgebly het van die quiche se resep, daar kan wel genoeg uitkom vir 'n braai as jy die resep aanpas
Course Salad, Side Dish
Servings 1 Bakkie vol

Ingredients
  

  • 500 g klein aartapples
  • Olie
  • Sout
  • Peper
  • 1/2 kop. Mayo
  • 2 tbsp Blatjang Ek het jalapeno-pynappelblatjang gebruik*
  • 1/4 kop. biltong kleiner gesny
  • Grasuie (chives) opgesny

Instructions
 

  • Kook die aartapples in sout water tot sag
  • Voorverhit die oond tot 180°C en berei 'n oondpan voor
  • Dreineer die water en plaas die aartappels in die oondpan. Gebruik die onderkant van ’n glas om die aartappels plat te druk.
  • Smeer olie oor die aartappels, voeg sout, peper en ander speserye na smaak by. Bak tot bros. Ek het dit vir 18 minute in die lugbraaier gebak.
  • Laat die aartappels afkoel. Sny in kleiner dele of los heel. Voeg die aartappels en biltong in ’n bak, gooi die mayo en blatjang by, en meng goed.
  • Garneer met gekapte grasuie en bedien

Notes

  • As jy nie blatjang wil gebruik nie, kan jy dit vervang met 2 eetlepels kondensmelk.
  • Die jalapeno-pynappelblatjang gee ’n lekker skop, maar gewone blatjang kan ook gebruik word. Vir ekstra soetigheid kan jy beide kondensmelk en blatjang saam met die mayo meng.

Hier is nog 'n paar aartappel geregte idees: