Go Back

Burger Taco

‘n Lekker viral TikTok Beesvleis-Taco resep. Ideaal vir burgerliefhebbers wat op soek is na iets nuuts en kreatiefs vir hul maaltyd, hierdie tacos bied ‘n perfekte balans van tekstuur en smaak, en is vinnig en maklik om te maak.
Cook Time 25 minutes
Course Main Course
Servings 4 taco's

Ingredients
  

  • 4 eetlepels mayonnaise
  • 4 eetlepels tamatiesous
  • 3 eetlepels chutney
  • 1 blaarslaai fyn gesny
  • fyngekapte suurkomkommers
  • 1 opgekapte ui
  • 400 g gemaalde beesvleis
  • Sout en peper na smaak ander speserye na jou smaak
  • 2 tortillas
  • Olyf olie
  • 4 Kaasskywe

Instructions
 

  • Meng die beesvleis met sout en peper (asook die ander opsionele speserye)
  • Druk ‘n dun laagie beesvleis op die tortillas. Maak hulle almal gereed voordat jy begin kook.
  • Verhit ‘n warm pan of bakplaat oor hoë hitte.
  • Voeg ‘n bietjie olie by die pan en plaas een tortilla met die beeskant na onder. Druk dit plat. Sit hitte oor na medium en ‘n deksel op die pan
  • Braai vir 1-2 minute en draai dan om.
  • Terwyl jy wag meng die mayonnaise, tamatiesous, witasyn en chutney saam. Hou eenkant
  • Plaas twee kaasskywe bo-op die beesvleis en plaas ‘n deksel vir 30 sekondes om te help dat die kaas smelt.
  • Verwyder dit uit die pan en herhaal met al die tacos.
  • Bou jou taco verder met die blaarslaai, suurkomkommer, uie en sous
  • Vou toe en geniet

Notes

Resep gedoen vir Maroela Media
Keyword burger, taco, tiktok, viral