Rooibostee Souskluitjies 

Souskluitjies is een van daardie nostalgie disse uit my ouerhuis. Die resep kom uit ‘n resepteboek wat my ma vir my saamgestel het, die rooibos is net ‘n iets ekstra
Cook Time 40 minutes
Course Dessert
Servings 6 servings

Ingredients
  

Sous

  • 1 L water
  • 1 eetlepel botter
  • Sout
  • 1 ½ kop suiker
  • ½ teelepel kaneel
  • 1 teelepel rooibos blare

Deeg

  • 1 koppie meel
  • Sout
  • 2 eetlepels botter
  • 1 eetlepel bakpoeier
  • ½ kop rooibostee/red espresso
  • 2 eiers geklits
  • Kaneelsuiker na smaak

Instructions
 

  • Voorverhit die oond tot 180˚C.
  • Voeg die suiker, water, kaneel, rooibos blare, sout en botter in ʼn pot en verhit tot kookpunt.
  • Kook vir 3 minute.
  • Voeg die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
  • Meng die botter in.
  • Meng die eiers en rooibostee/red espresso saam en voeg by die meel mengsel.
  • Meng goed tot die deeg taai raak.
  • Gooi die warm stroop in ʼn bak en skep lepels vol van die deeg in die sous in.
  • Plaas die deksel op die bak en bak vir ongeveer 40 minute.
  • Strooi die kaneelsuiker oor die souskluitjies.
Keyword afrikaans, nagereg, rooibos, souskleitjies