
Sjokolademalvalekkertert
As jy op soek is na ’n soet en dekadente nagereg wat vinnig en maklik is om te maak, dan is hierdie Sjokolademalvalekkertert net die resep vir jou. Die kombinasie van klapperkoekies, malvalekkers, sjokolade, en ’n romerige kondensmelk-vulsel maak hierdie koek ’n absolute wenner by enige geselligheid of as ’n spesiale bederf vir jou en jou geliefdes.
Ingredients
- 1 pakkie klapperkoekies fyngedruk
- ¼ koppie gesmelte botter
- 1 blikkie kondensmelk
- ½ koppie lemoensap
- 1 teelepel kakaopoeier
- Bessies opgesny
- 1 pak (125 g) malvalekkers
- ½ koppie sjokoladestukkies
- 1 koppie room
Instructions
- Meng die gesmelte botter en fyngedrukte klapperkoekies in ’n bak. Druk die mengsel plat in ’n bakplaat of pan om die basis te vorm.
- Meng die kondensmelk en lemoensap goed.
- Voeg die bessies, sjokoladestukkies en malvalekkers by die kondensmelkmengsel.
- Voeg kakaopoeier saam die room en kits die room styf en vou dit stadig in die mengsel in.
- Gooi die mengsel bo-op die koekiebasis.
- Plaas in die yskas en laat dit stol vir ongeveer 2 ure of oornag.
- Graneer met Floriography se freeze dried blomme
