Olimpiese Dubbel Sjokolade Muffins Viral Double Chocolate Muffins

Olimpiese Spele Dubbel Sjokolade Muffins

Die Olimpiese Dubbel Sjokolade Muffins die perfekte manier om die gees van die spele aan te wakker in jou kombuis. Hierdie ryk en dekadente muffins, vol gesmelte sjokolade, is die ideale bederf vir enige soettand en ‘n moet-bak vir alle sjokolade-liefhebbers. Bak hulle vir jou volgende gesellige koffiekuier en geniet die sjokolade in elke happie.
Course Breakfast, Dessert, Lunch, Main Course, Snack
Servings 10

Ingredients
  

Muffins:

  • 220 g meel
  • 60 g kakaopoeier
  • 150 g suiker
  • 1 teelepel koeksoda
  • 2 teelepels koffie
  • 160 g melk sjokolade grof gekap
  • 2 groot eiers
  • 110 g plain jogurt
  • 80 g suurroom kan vervang word met plain jogurt
  • ½ koppie neutrale olie
  • ½ koppie melk

Ganache:

  • 150 g donker sjokolade grof gekap
  • 100 g room

Versiering:

  • 80 g donker en melk sjokolade grof gekap

Instructions
 

  • Voorverhit jou oond tot 180°C en berei 'n groot muffinpan voor.
  • Meng al die droë bestanddele saam en sit eenkant.
  • Klits al jou nat bestanddele saam tot goed gemeng.
  • Voeg die droë bestanddele by die nat bestanddele en meng tot net gemeng.
  • Vou die melk sjokolade in die mengsel in.
  • Vul jou muffinpan en versier met die oorblywende sjokolade en bak vir 25-30 minute. Onthou: As jy 'n mes insteek om te toets, kan daar gesmelte sjokolade wees, so wees versigtig!
  • Sodra die muffins klaar gebak is, gebruik die agterkant van 'n houtlepel om klein gaatjies in die middel van elke muffin te maak.
  • Verhit die room en meng die gekapte donker sjokolade by tot glad. Vul die muffins op met die ganache.
  • Bedien met 'n lekker koppie koffie.