Iets-van-Alles-Quiche

Iets-van-alles-quiche

As jy op soek is na 'n smaaklike en eenvoudige gereg wat regtig enige ete kan opkikker, probeer hierdie Iets-van-Alles-Quiche. Bevat bestanddele soos aartappels, spek, en kaas, hierdie quiche is ideaal vir enige geleentheid – van ontbyt tot aandete.
As jy klein aartappels gebruik en daar bly oor, probeer gerus die aartappelslaai resep
Course Breakfast, Lunch, Side Dish, Snack

Ingredients
  

  • 1 kg klein aartappels of 3 groot aartappels
  • Olyf olie
  • Sout en peper na smaak
  • 50 g cheddar kaas gerasper
  • 1 sprietui opgesny
  • 100 g sampioene gesny
  • ¼ bell pepper gesny
  • 200 g spek gaargemaak en gekap
  • 2 eiers
  • 2 eetlepels suurroom
  • 1 knoffelhuisie gekap
  • 50 ml melk
  • Chives vir garnering opgesny
  • 1 eetlepel gemengde kruie

Instructions
 

  • Voorverhit die oond tot 200˚C en berei 'n pastei pan voor deur dit met olyf olie te smeer.
  • Kook die aartappels in soutwater totdat hulle sag is. Druk die gekapte aartappels plat in die voorbereide pan.
  • Gooi olie, sout, peper, en gemengde kruie oor die aartappelbasis. Bak dit vir 20 minute.
  • Meng in 'n bak die uie, sampioene, bell pepper, spek, eiers, suurroom, sout, peper, knoffel, en melk. Gooi hierdie mengsel oor die aartappelbasis in die pan. Strooi die cheddar kaas oor.
  • Bak vir 30-35 minute, of totdat die vulsel deurgaans gaar is en die bo-op lekker goudbruin is.
  • Garneer met gekapte chives en bedien jou quiche warm.

Notes