Basiese Kookklas Demo: Eenpan Lasagna
Die afgelope naweek, op 29 Junie 2024, het ek my eerste basiese kookklas demonstrasie aangebied in Afrikaans. Dit was ‘n ongelooflike ervaring waar almal (hopelik) waardevolle tips and tricks geleer het. Onder andere het ons gesels oor hoe om ‘n ui te sny sonder trane, die korrekte gebruik van speserye, en hoe om ‘n heerlike witsous te maak.
Ek het besluit om die klas by my huis aan te bied om kleiner groepies te akkommodeer. Dit het verseker dat almal gemaklik voel om vrae te vra, en het bygedra tot ‘n informele en gesellige atmosfeer. Nadat ons die geregte voorberei het, het ons almal saam ‘n heerlike maaltyd geniet, tesame met ‘n glasie wyn. Voor die klas het ons ‘n lekker koppie koffie geniet, met dank aan Jackelope Coffee Co., en gesels om die ys te breek en mekaar beter te leer ken.
Die doel van die klas is om maklike, vinnige disse aan te leer en om vaardighede te ontwikkel wat jy daagliks in die kombuis kan gebruik. Ek hoop almal het die klas so baie geniet soos ek, en ek sien uit na die volgende een!
Die eerste demo klas was ‘n eenpan lasagna bedien met ‘n basiese slaai en heerlike tuisgemaakte knoffelbrood
Kyk meer hier





